Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 12223 reviews.
"Dit lyk vir my dat Bothaville soos baie ander plattelandse dorpe verwaarloos word. Slaggate was groot probleem in Bothaville. "
"Paaie en sypaadjies verskriklik sleg, moeilik om daar te ry al het jy 'n bakkie of 4x4. Oor naweke overcrowded winkeltjies om die sirkel. Geen borde wat besienswaardighede soos byvoorbeeld die dam of waterval aandui nie. Pryse oor die algemeen baie hoog."
"Was altyd ons gunsteling oornagdorp, maar tye het verander en infrastruktuur kort baie aandag."
"Alhoewel klein en met die beperkinge van 'n klein-dorp in die Oos-Vrystaat is dit mooi daar in die omgewing. Doen maar alle belangrike aankope elders en bring dit saam. Die pad van Clarens af is eintlik nog baie goed onderhou, maar na Ficksburg lyk dit nie so goed nie."
"Restaurant was net 350m ver van ons bestemming. Aandete daar geniet en saam met die pragtige uitsig was dit 'n baie aangename ervaring."
"Ons wou 'n "cocktail" by De Steijl gaan drink (dit word op 'n reklamebord geadverteer), maar is summier weggewys. Ons wou ook in die damwal ingaan, maar is meegedeel dat daar al vir 'n paar jaar nie meer toere is nie."
"Julle sit op 'n goudmyn, maar als baie verwaarloos by die damwal, daar is soveel potensiaal veral noudat hy oorloop en mense 'n ekstra draai ry om dit te sien."
"Ongelooflik, pad is bitter sleg, maar dis uit en uit die moeite werd. Dorpie is rustig en ons hoop regtig dit tel bietjie op, ter wille van die mense wat daar bly om 'n lewe te kan maak in Rosendal. Natuur is ongelooflik mooi."
"Die natuur is absoluut asemrowend. Ons het ook die staproetes hier geniet. Baie oulike winkeltjies en eetplekke beskikbaar. Vat jou basiese kruideniers saam, aangesien daar net een Chinese supermark is met karige voorraad en aanvaar net kontant."
"Enjoyed Clarens' hospitality. The only downside is the fact that the local council seemingly is oblivious to the pothole situation in the center."
"Baie dankie. Ons sal definitief weer wil gaan, sommer langer daar vertoef oor die prentjiemooi van alles!"
"Definitely a destination that should be explored. A gem to be found in the Free State."
"Pragtige dorpie, maar die strate is in 'n haaglike toestand. Soveel slaggate!"
"Die pad na Rosendal (en selfs in Rosendal) is nie in 'n goeie toestand nie. Ry versigtig en maak seker jy neem alles wat jy benodig vir selfsorg saam."