Verified Reviews of Highlands Meander

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Highlands Meander

Rated 4.44 out of 5 based on 1090 reviews.
. - 29th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dimitrov Art is pragtig! Wat van 'n bietjie meer kunsgalerye. Meer as genoeg restaurante om van te kies. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam.
. - 29th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Jammer dat al die winkels 4uur toemaak. Het nogal gesukkel om uit te vind, op my eie, wat daar te doen is. Nie genoeg inligtingsborde nie. Met die uitry het ek gesien daar is nog plekke wat ek dalk sou wou besoek het. Daar was egter nie duidelike inligtingsborde om my nuuskierigheid te prikkel om te stop nie.
. - 26th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Die dorpie het heelwat eet- en kuierplekke en ons het net paar besoek, as jy net wil rustig wees en ontspan, spandeer paar dae daar, dit sal weer jou batterye laai en verfris laat voel. Ons was nogal verbaas om die billike pryse by al die eetplekke te sien, al was ons naby aan Kersfees en gedurende die vakansietyd daar, ons is baie dankbaar daaroor.
. - 26th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Baie lekker restaurante en interessante winkeltjies.
. - 26th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Baie mooi, maar baie klein, sal nie voorstel vir enige iets meer as 'n dag nie.
. - 24th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
'n Klein dorpie wat almal net moet besoek!
. - 17th December 2019
staying in Highlands Meander
Omgewing is rustig en pragtig. Gaan stap of ry fiets!
. - 11th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is a very nice place. I'm looking forward to visit again.
. - 7th December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Mayfly 'n moet-daar-eet-restaurant.
. - 3rd December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Vir 'n baie klein plekkie, bied Dullstroom ongelooflik baie aan die besoeker met 'n groot verskeidenheid vir almal om te geniet en te ontspan.
. - 2nd December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Pragtige dorp.
. - 2nd December 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dis 'n tipiese klein plattelandse dorpie. Hier is baie eetplekke en die Birds of Prey sanctuary is 'n moet.
. - 27th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Gee aandag aan swaar vragmotors wat gereeld deur die hoofstraat ry.
. - 26th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Not an overnight stop on the way somewhere else. Next time I will stay for a weekend at least.
. - 25th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Wees versigtig om nie vas te val in die hoofstraat-manie nie. Daar's wonderlike restaurante en oulike dinge om te aanskou net af van die hoofstraat af.
. - 25th November 2019
staying in Waterval-Onder, Highlands Meander
Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees.
. - 19th November 2019
staying in Elands Valley, Highlands Meander
100%.
. - 19th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Mooi en skoon.
. - 18th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Lovely place!
. - 18th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Ek is absoluut mal oor Dullstroom.
. - 18th November 2019
staying in Elands Valley, Highlands Meander
Sou net beter aanwysings verkies na die watervalle en meer toeganklikheid asb.
. - 18th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Ons moes vroeër die jaar ons wegbreek kanselleer omdat Dullstroom nie water gehad het nie en was baie gelukkig om tog nog in die jaar Dullstroom te kon besoek. Dis 'n baie klein dorpie met goeie kunsgalerye vir dié wat van kuns hou. Daar is nie te veel attraksies nie en dis baie spesifiek soos bv. of kuns of hengel. Ons wou wel die Parkrun gaan doen het by Dullstroom se dam. Let wel die pad na die dam is nogal sleg, kort afstand, maar gewone karre kry maar seer. Dullstroom se restaurante is nogal lekker. So 'n kuier in Dullstroom is beslis 'n eet en kuier naweek. Mayfly het baie lekker burgers en pizzas en is glad nie sleg geprys nie. Dit was eintlik meer billik as die gemiddelde restaurante in Pretoria. Ons het ook by Pickles and Things gaan eet, maar hier is die pryse so bietjie hoër. Die lamspastei was besonders, maar mens betaal wel so bietjie meer om hier te eet. Die restaurant het wel nogal 'n lekker gevoel in die aande. Die dorpie raak maar verlate en stil in die aande en is wel lekker bedrywig deur die dag.
. - 14th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is a very interesting little town. You definitely realise right away that you aren't in the big city anymore. People are very friendly, there is a wide variety of little shops to browse, plenty of restaurants, and loads of outdoor activities like visiting the Birds of Prey Rehabilitation Center or going for a hike.
. - 12th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dink vir 'n vakansiedorpie kan die restaurant en winkels maar werklikwaar later as 16:00 oop bly op 'n Sondagmiddag.
. - 12th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Ons het ons een jaar verhouding in Dullstroom gevier, sommer so met die rugby finaal, SA teen Eng. Ons het so lekker saam met die locals gekuier. Dullstroom is vir seker een van ons nasionale diamante volgens my. Die mense is aangenaam, en die kos ongelooflik. Indien jy wonder oor 'n plekkie om tyd saam met jou familie en geliefdes te spandeer kan jy gerus wees dat Dullstroom jou verwagtinge sal oortref.
. - 12th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is 'n oulike dorpie met oulike winkels en lekker eetplekke.
. - 11th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Pragtige, rustige dorp wat netjies en skoon is.
. - 11th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Pragtige dorp!
. - 7th November 2019
staying in Waterval Boven, Highlands Meander
Baie mooi omgewing, maar dorpie is baie klein en daar is nie baie opsies as dit by uiteet kom nie.
. - 5th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
We just love the shops and wandering around the town. Mrs Simpsons for a meal is a real treat and definitely worth a visit.
. - 5th November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Wonderful quaint town. Amazing restaurants!
. - 2nd November 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Buitelandse dorpie reg in die middel van Suid-Afrika!
. - 22nd October 2019
staying in Highlands Meander
Pragtige wêreld!
. - 21st October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
The street vendors and car guards bothered us. Our take-away from the restaurant was demanded and cash for watching our car was asked for, even though we walked into town from our accommodation. Upon arriving late Friday night, we followed the music into The Poacher Pub & Restaurant where pizza was still served at 21:30. This place had a great vibe and all the latest Afrikaans hits. We enjoyed exploring the shops and quaint restaurants. Pop in to the boarder collie rescue centre near Mrs Simpsons. Here you'll find a sweet lady and most likely one of her collies on the porch. There are second hand books and some interesting artefacts from Dullstroom and surrounds. Be sure not to judge a restaurant by its cover. Walk through to the back of the Old Transvaal Inn, it has a homely look and feel with a friendly hostess. We watched rugby at the Old Transvaal Inn and had springbok pie, which was R90 for a hearty portion and to die for! When the Bokke did not play well, the hostess offered Springbokkies (the liqueur), needless to say we had good fun.
. - 16th October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Enjoyed this little town.
. - 15th October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Bespreek vroegtydig by "Mrs Simpson" om teleurstelling te voorkom! Ons het dit ongelukkig te laat uitgevind.
. - 15th October 2019
staying in Highlands Meander
Beautiful valleys worth exploring.
. - 14th October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Netjiese en skoon dorpie met lekker restaurante en ‘n rustige atmosfeer!
. - 9th October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Een aand se oorslaap is te min in Dullstroom om alles te geniet.
. - 9th October 2019
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Die dorpie moet eerlikwaar hul straatnaambordjies op sit. Ons kon nie die pad kry waar ons moes afdraai nie a.g.v. die name wat nie daar was nie. Die eienaars van Muddlers Minnow moes ons fisies kom haal in die dorp. Beter selfoonsein is ook belangrik. My selfoon het geen sein gehad in die dorp nie en ek kon glad nie iemand bel om te sê ek was verlore nie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]