Verified Reviews of Northern Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape

Rated 4.03 out of 5 based on 4334 reviews.
Jarine W. - 9th January 2019
staying in Richmond, Northern Cape
Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word.
Godfried G. - 8th January 2019
staying in Kuruman, Northern Cape
'n Tipiese plattelandse dorpie, maar net meer vuil en morsig as die ander waar ons deurgery het.
Karen B. - 8th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Colesberg is 'n mooi dorp, jammer dat al die restaurante (behalwe die Wimpy) en kruidenierwinkels op Kersdag toe is. Toerisme is 'n 365-dag besigheid.
Robert V. - 8th January 2019
staying in Victoria West, Northern Cape
Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op.
Jean D. - 8th January 2019
staying in Keidebees, Northern Cape
Baie goeie ligging.
Theo K. - 8th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Pragtige dorp met lekker eetplekke. Wanneer jy net deurry sien jy nie die mooi nie.
Althea V. - 7th January 2019
staying in Calvinia, Northern Cape
Baie vriendelike mense en baie gastehuise om van te kies.
Manie G. - 7th January 2019
staying in Carnarvon, Northern Cape
Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!
Marlene B. - 7th January 2019
staying in Vanderkloof, Northern Cape
Om oor die damwal te kon ry en by die uitkykpunte te kon stop en die wal te kon aanskou was regtig iets om te onthou.
Marieta V. - 7th January 2019
staying in Hopetown, Northern Cape
Hopetown is werklik 'n oase na 'n lang pad deur 'n droë Karoo, met al die groen op die Oranjerivier.
Mariette F. - 7th January 2019
staying in Keimoes, Northern Cape
Beslis meer te sien, te doen en te ervaar as wat mens verwag!
Mariette F. - 7th January 2019
staying in Calvinia, Northern Cape
Sal beslis weer besoek wil aflê in Calvinia. Daar is soveel van die dorpie wat ons nog wou sien, maar tyd het ons ongelukkig ingehaal.
Pieter V. - 7th January 2019
staying in De Aar, Northern Cape
De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde.
Van Wyngaard A. - 7th January 2019
staying in Kimberley, Northern Cape
Pragtige historiese erfenis.
Hannelie J. - 7th January 2019
staying in Kakamas, Northern Cape
Netjiese, vriendelike dorp.
Dawid E. - 7th January 2019
staying in Kimberley, Northern Cape
Goeie toeriste-aantreklikheid.
Johann S. - 7th January 2019
staying in Die Rand, Northern Cape
Daar is baie om te sien en te doen.
Nico V. - 7th January 2019
staying in Springbok, Northern Cape
Springbok is 'n groterige dorp wat alle noodsaaklike besighede het en geriewe kan bied. Springbok is naby die Skildpad Natuurreservaat en sodoende uitstekend geleë om daarvandaan die blomme te besien in seisoen. Buite-seisoen is dit baie warm in die somer, dit het nogal verbasend afgekoel in die nag.
Mariette F. - 7th January 2019
staying in Meltonwald, Northern Cape
'n Moet-bestemming! Interessante geskiedenis en absoluut pragtig! Victoria West is 'n interessante dorpie, besoek gerus die Monument.
Nico V. - 7th January 2019
staying in Kathu, Northern Cape
Kathu lê omtrent 6 km van die hoofroete af. Die winkelsentrum bied alles wat mens kan nodig kry.
Stephan S. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Baie rustige plek om oor te slaap - baie goed. Hulle kan dalk meer klem lê op waar toeriste heen kan gaan en plekke van belangstelling op 'n kaart sit en by elke gastehuis uitdeel aan besoekers.
Ravikishore D. - 7th January 2019
staying in Victoria West, Northern Cape
Good to see.
Hendrik Albertus S. - 7th January 2019
staying in Britstown, Northern Cape
Britstown is 'n pragtige dorp en ons almal kan 'n bladsy vat uit Britstown se boek hoe om nederig en ordentlik te wees.
Alida K. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Daar is baie geskiedenis verbonde aan die dorp. Ons sal graag langer wil vertoef om alles te ondersoek.
Karien B. - 7th January 2019
staying in Richmond, Northern Cape
Ek was regtig verbaas oor die dorpie se kultuur en museums ens. Ek het heerlike geëet by die Vetmuis! So rustige atmosfeer. Ek is spyt ek het nie meer verkenning gedoen daar nie. Sal dit beslis aanbeveel.
Lucy C. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Colesberg is nice place to visit. It has all the amenities.
Leon D. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Hoewel Colesberg so bietjie van die Groot Karoo bekoring het, sien ek dit maar net as 'n oornagplekkie. Die mense in die Groot Karoo, en dan ook Colesberg, is almal baie vriendelik en hulpvaardig (restaurant, verblyf, petrol garage, winkeltjies - almal).
Adriana S. - 7th January 2019
staying in Kanoneiland, Northern Cape
Ons het net bietjie gesoek na die plek, sal goed wees as hulle dalk meer rigtingaanwysers aanbring.
Willie G. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Redelik maar sal eerder so 80 - 100 km nader aan Graaff Reinet wou oorslaap, maar is huiwerig waar om te gaan. Die webtuiste se "ratings" is nie altyd op standaard nie.
Elmarie S. - 7th January 2019
staying in Kathu, Northern Cape
Ek kan nie sê of Kathu 'n goeie toeristebestemming is nie, want ons was net vir die aand daar. Ek kan wel se dat die dorp baie skoon en netjies is as mens daardeur ry en dat dit rustig vertoon.
Lb C. - 7th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Sal beslis weer daarheen gaan.
Willie A. - 7th January 2019
staying in Hopetown, Northern Cape
Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses.
Byron V. - 6th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Oudste NG kerk wat ek nog ooit gesien het, 1826., Baie interessant.
Maggie K. - 6th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Ons was nie juis ver in die dorp in nie, maar dit lyk na 'n rustige dorpie met vriendelike mense.
Hanneke H. - 6th January 2019
staying in Richmond, Northern Cape
Het lekker kos geëet by die Vetmuis. Oulike dorpie.
Gustav G. - 6th January 2019
staying in De Aar, Northern Cape
Baie rustige dorpie met 'n amper plaas gevoel.
Gerhard N. - 6th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Goeie restaurant naby De Vuur Gastehuis.
Etienne V. - 6th January 2019
staying in Carnarvon, Northern Cape
Baie oulike dorpie.
Lien P. - 6th January 2019
staying in Victoria West, Northern Cape
Oulike dorpie met baie karakter!
Pedro R. - 6th January 2019
staying in Colesberg, Northern Cape
Colesberg is eintlik 'n oornagplek vir reisigers van die binneland en terug af, maar dit is 'n dorp van groot historiese betekenis met baie mooi geboue.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com