Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Verkeer nogal 'n nagmerrie in Desember. Volgende keer sleep ek my avontuurmotorfiets saam as ons weer oor hierdie besige tyd in Knysna omgewing vakansie hou."
"Baie vriendelik! Was nie 'n vertrapping van mense nie. Goed geleë. Hawe weg is 'n wonderlike tydverdryf!"
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Wildernis is 'n awesome area om in vakansie te hou, die beste restaurante om in te eet van ontbyt tot aandete. Cocomo restaurant was een van ons hoogtepunte gewees, great kos, waiters wat hul werk en menus ken, almal is vriendelik en net 'n plesier."
"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."
"Sal weer en weer en weer teruggaan Langebaan toe. Dit is so sentraal geleë. Geniet dit altyd baie daar."
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."
"I would like to commend LekkeSlaap for their service - I was most pleasantly impressed with the reminder SMS I received to confirm our booking which was then followed by a further SMS confirming the address and booking details.....I will most definitely make LekkeSlaap my first preference when searching for accommodation. It has been an absolute pleasure to work with you."
"Baie lekker as jy stilte en rus nodig het! Waarskynlik nie die ideale plek vir tieners wat aksie soek nie."
"Pragtige klein dorpie wat alles bied wat 'n reisiger nodig het. Oulike restaurante."
"Dis 'n hidden gem! Sulke heerlike restaurante en 'n baie lekker vibe. Bespreek net orals vir ete, want dit raak nogal vol."
"If you are interested in birding then this is the place to be. Different places to visit close by. Shops adequate."
"Die Spar in Velddrif het als wat jy nodig het en is goed geprys, 3 oulike winkels wat die kinders besig gehou het met allerei, het beter diens en etes verwag veral by die kus. Die "locals" was baie vriendelik ons het veilig op die straatjies gevoel."
"Paternoster is an out of the way fishing town where you can get lost and away from the busy city life for a few days. Peak season requires timeous bookings for any meals. Great weather and tranquil environment. "
"Dit is 'n wonderlike verblyf, die skoonheid, vars natuur, die ligging, vriendelikheid van mense, hulpvaardigheid. Om alles op tesom in een woord dit is AWESOME."
"Dis goed om die vissershawe te sien. Om die Malgasse terug te sien was wonderlik gewees. Ete by Muisbosskerm was uitstekend en dis een van die pluspunte vir Lambertsbaai. Vir voëlkykers is dit 'n belangrike bestemming."