Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
Little Brak River, Western Cape
Maison Bougies"Ek dink dit is 'n pragtige gebied en ook baie veilig vir mnse wat daar bly maar as jy van 'n ander gebied kom sal jy nie veilig voel met voertuie wat in die straat moet staan nie. Vriendelike mense."
"Ek het al van die sestigerjare daar gekuier by familie van ons, natuurlik deesdae verval baie plekke en dis net veral die hoofstraat wat vir my baie vuil was met aankoms maar dis in baie groot dorpe en 'n probleem, verder was ons baie gelukkig daar."
"Baie netjiese dorp met historiese plekke. Goeie basis vir omligende dagtoere. Baie gesellige en gasvrye mense."
"Mense moet asb hulle maskers dra! Veral saans in Dorpstraat! "
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."
"Kaapstad hoef nie terug te staan vir enige plek ter wêreld nie en kan enige tyd met die beste vergelyk word!"
"Lovely little dorpie! I will definitely go back there. I even tried my hand at fishing and threw in my first line during our short stay in Gansbaai. Needless to say, the sinker attached to the fishing rod hit my stepson on his elbow instead of the water, but my next throw was better! I did not catch anything however, just pulled in seaweed."
"Stilbaai is pragtig langs die Goukourivier en die see, met ou huise op stilte en nog met groen plantegroei, anders as die ander kusdorpe wat groot glaspaleise toelaat, wat alle plantegroei vervang het. Daar is 'n interessante klein museum met inligting oor Blombos Grot-uitgrawings en 'n palinggat, waar mens om 11:00 die palings kan voer. Daar is etlike visrestaurante met 'n mooi uitsig oor die see. Daar is wandelpaaie en mens voel veilig."
"One thing we noticed, was all the litter on the beach in Paternoster. It would be great if the municipality did regular clean ups of the beach. We also missed seeing the boats standing on the beach, which, in previous trips were there. Other than that, we love going to Paternoster and will definitely be back."
"Die mooiste mooiste Kaap. Altyd lekker om daar te kuier en als te sien werk. Paaie is in 'n goeie toestand en dit is baie skoon."