Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Fantastiese plek met baie om te doen behalwe swem. Lekker eetplekke met vriendelike kelners. Vriendelike mense."
"Dis altyd lekker om in Mosselbaai tuis te gaan en oral rond te ry na bv Hartenbos, asook die winkelsentrums en restaurante. Dis heerlik rustig waar ons gewoon het, alhoewel hul besig was met onderhoudswerk wat seker nodig was."
"Ek was op 'n gewone naweek daar en het nie kans gehad om veel te verken nie, maar dis 'n plek waar ek beslis langer sal wil kom kuier om 'n bietjie meer tyd te hê om die omgewing en dorp te verken. Allegaartjie Coffee Shop/geskenkwinkel was egter puik."
"Like every town you stay in if you play a sport and need accommodation - it has a place that will suit everyone."
"Die area is toegespits op toeriste en bied baie verskillende verblyfopsies. Dis naby Nature's Valley, Birds of Eden, Monkeyland, Robberg Nature Reserve, ens. Te veel plekke om op te noem is almal daarrond."
"Veel om te doen vir ontspanning, vriendelike inwoners."
"George is ń mini-Kaapstad. Naby geleë aan strande, golfbane en berge. Pragtige dorp wat vooruitstrewend is."
"Ongelooflike lekker groot dorp gevoel, skoon strate en sekuriteit wat strate bewaak teen kriminele wat dalk leeglê."
"Ons het die omgewing verken, wil baie beslis weer die Tuinroete besoek."