Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Regte plattelandse dorp waar jy die waarde van rus besef ... die 'locals' is baie vriendelik en mens kuier lekker by die plaaslike restaurante."
"Baie oulike, skoon dorpie. Met die deurry wil mens stop-stop want daar is soveel interessante plekkies om te kuier."
"Great for a weekend stay. Tranquil and has the closeness of Meiringspoort, Swartberg Pass and Die Hel!"
"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."
"Would love to explore the town and will most definitely plan a breakaway soon."
"Ons is gaande oor die rustigheid van Prins Albert en die rede dat ons elke keer teruggaan is vir die ontspanning. Genoeg om te doen sou jy besig wil bly, Karoo Kombuis se kos was heerlik en diens baie vriendelik."
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."
"Ons het verlief geraak op McGregor en wil daar gaan aftree. Van die beste pizza wat ek nog ooit geproe het by Sofia's."
"Mooi en veilige plattelandse dorp. Vriendelike mense wat baie moeite doen met die restaurante en huise in die dorp. Die plaaslike hotel is pragtig en ons het heerlik daar geëet. "
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."
"Mooiste plekkie met al die kelders, veral Boplaas, en dan nog lifelike geboue ook. "
"Pragtige plattelandse dorpie wat beslis die moeite werd is om te besoek. "
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners. Mens moet ten minste twee dae daar oorbly om die dorp regtig te waardeer. Die dorp het baie oulike blyplekke vir elke smaak!"
"Ek het dit 'n vriendelike, Afrikaanse en rustige dorp gevind, met 'n atmosfeer wat nie meer op baie plekke gevind word nie."
"Pragtige dorpie - lekker eetplekke - mooiste omgewing, natuur is hemels!"
"McGregor is 'n stil, rustige, maar vriendelike plattelandse gemeenskap. Die mense is soos die mense van ouds - hartsmense. "