Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1850 reviews.
"Daar is baie te doen en te sien in die Mosselbaai area. Die restaurante, veral The Sea Gypsy en La Perron Visskerm was uniek en die kos heerlik."
"Mosselbaai is altyd 'n wenner, kan nie wag tot my volgende besoek nie. Naby genoeg aan Swellendam vir 'n vinnige wegbreeknaweek, asook langer vakansies."
"Swemstrande oor die algemeen skoon vanaf Mosselbaai tot by Hartenbos en daar is steeds wynkelders wat besoek kan word in die omtrek."
"Verstaan nou waarom dit so 'n gewilde area is. Pragtige dorp met vriendelike mense en so skoon."
"Daar is absoluut niks negatief aan Mosselbaai nie. Ons hou al baie lank daar vakansie gehou. Die skoonheid is besonders."
"Mosselbaai is 'n pragtige plek. Daar is so baie om te sien en doen maar eenvoudig net nie genoeg tyd vir alles. Ek sal dit beslis aanbeveel."
"Jy kan alles kry wat jy nodig het soos in die stad, maar sonder die gejaagdheid van die stad."
"Mosselbaai is maar altyd die plekkie waarheen ons gaan as gesin om bietjie weg te breek. Strand en eetplekkies naby so wel as winkelsentrums. Altyd 'n wenner."
"Mosselbaai is een van Suid-Afrika se skoonste en bes-bestuurde dorpe. Dis oral sigbaar en daarom was dit vir ons 'n plesier om daar vakansie te hou."