Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 10360 reviews.
"Die pad wat na Augrabies en Rietkamer toe gaan, is in die aand nogal gevaarlik. Ons het een aand klippe in die pad gekry so mense moet net veilig ry of probeer om eerder net in die dag te ry. In die dag was daar nie probleme nie, maar die aand was nie lekker nie. Dit is ongelukkig net 'n bewys van waar ons as 'n land trek. "
"Vanderkloof was vir ons amper heeltemal onbekend, en ek het dit net opgemerk toe ons nie by Gariep kon huisvesting kry nie. Dis net so mooi as Gariep, maar die hooftoegangspaaie moet aandag geniet anders sal dit meeste mense afskrik. Mense het oor die algemeen nie baie lus vir slaggate na 'n lang rit van 6-9 uur nie."
"'n Mens ry altyd verby en stop gewoonlik net vir brandstof. Die was die eerste keer wat ek in Colesberg self ingedraai het en was eintlik verras om te sien dat dit eintlik 'n juweel is. Sal volgende keer sorg dat ek bietjie meer tyd daar spandeer."
"Ons het besluit om nie weer in die dorp oor te slaap nie. Die dorp self is besig om te verval en is baie lastig geval deur bedelaars. Ons het baie onveilig gevoel toe ons gaan uiteet het. Ek sal in die vervolg eerder van nabygeleë plase of lodges buite die dorp gebruik maak. Dit is baie hartseer maar 'n realiteit."
"Eintlik net 'n oornagbestemming met goeie akkommodasie en eetplekke. Res van dorp vervalle."
"Ongelukkig het ons Sondagmiddag daar aangekom, en natuurlik was die winkels reeds toe. Sou graag op 'n weeksdag daar wou deurry om 'n meer ingeligte opinie te kan gee."
"Richmond is 'n pragtige, klein dorpie met tonne karakter. Wat die dorp wel kort, is 'n apteek."
"Sal volgende keer 'n dag of twee oorbly om hierdie pragtige Karoo-doprie te besigtig."
"More travellers should stop over in the Karoo, take a breath and explore the various towns like Richmond."
"Hanover is maar 'n baie vervalle dorp. Die paaie is baie sleg en als lyk oud en stukkend. Die kerk is pragtig en daar is in die somermaande Siberian valke by die 100de in die bome regoor Hanover. Dit is pragtig en besonders om te beleef."
"Die geskiedenis van Hanover kan baie interessant wees. Sien baie huise staan toegesluit weens diefstal. Ek glo rodom die kerk kan baie interessante stories vertel word. Ek is bly ek het dit ontdek. Ons wens die dorpie net mooi dinge toe vir die toekoms."
"Great bestemming, mooi see maar kan meer doen om mense te lok."