Verified Reviews of Paternoster

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster

Rated 4.6 out of 5 based on 1345 reviews.
Neville S. - 24th March 2017
staying in Paternoster
Dit die tipe plek wat jy nie veel van verwag nie totdat jy begin rondstap. Dit is 'n baie interessante dorp wat jou belangstelling aangryp.
Chris J. - 23rd March 2017
staying in Paternoster
Paternoster is altyd pragtig - selfs as die wind waai. Dis ideaal vir 'n naweek of langnaweek, maar langer beteken mens moet bietjie uitry om die omgewing te sien - daar is nie veel meer om te doen nie. So om uit te span en niks te doen (behalwe lekker eet) is dit ideaal. Die Pizza-restaurant het o.a. 'n gerookte snoek-pizza!
Rene D. - 22nd March 2017
staying in Paternoster
Beautiful, quaint little town - perfect for a getaway from the JHB busy life.
Amanda J. - 17th March 2017
staying in Paternoster
Pragtige plek. Goeie restaurante. Vriendelike diens oral waar jy kom.
Lynn T. - 16th March 2017
staying in Paternoster
Dis 'n fantastiese plek. Die pragtige strand, skoon omgewing en vriendelike mense het my beïndruk. Dan natuurlik die seekos laat 'n mens se mond water. Dit is 'n Ideale plek om vakansie te hou en ook af te tree.
Estelle D. - 16th March 2017
staying in Paternoster
Absoluut aan te beveel.
Merle B. - 15th March 2017
staying in Paternoster
'n Lieflike plek.
Laguerenne V. - 15th March 2017
staying in Paternoster
Wonderlike atmosfeer!
Stacey U. - 9th March 2017
staying in Paternoster
Dis 'n baie mooi klein dorpie en alles is na aan mekaar, die mense daar baie vriendelik.
Elizabeth M. - 9th March 2017
staying in Paternoster
Die Voorstrandt Restaurant word beslis aanbeveel.
Zildene Suezane J. - 9th March 2017
staying in Paternoster
Dit is vir my hartseer om te sien dat soveel onwettige krewe gevang word en in plastieksakke rond gedra word. Sou graag wou sien dat daar daadwerklik gepatroleer sou word daarteen.
Johan D. - 8th March 2017
staying in Paternoster
Ons gunsteling vakansiedorp. Die onwettige kreefhandel pla egter en die regering dit moet oplos.
Ethel L. - 6th March 2017
staying in Paternoster
Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie.
Casper R. - 6th March 2017
staying in Paternoster
Restaurante het almal beïndruk.
Cornelius Petrus Johannes P. - 1st March 2017
staying in Paternoster
Een van die mooiste dorpies aan die Weskus.
Marie F. - 27th February 2017
staying in Paternoster
Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!
Donald S. - 23rd February 2017
staying in Paternoster
If you are looking for a place to put your feet up, braai, walk on the beach and drink lots of wine, this is the place for you.
Warwick H. - 23rd February 2017
staying in Paternoster
I think it's becoming overdeveloped and fast! The new proposed area with 400 stands? Soon a mall will follow? And the that small town atmosphere will be gone - just like Yzerfontein used to be like!
Gerda K. - 21st February 2017
staying in Paternoster
Paternoster is pragtig!
Dr Lize V. - 16th February 2017
staying in Paternoster
Karaktervol met heerlike restaurante en baie bekoring.
Colin N. - 16th February 2017
staying in Paternoster
Mooi dorp.
Ella N. - 16th February 2017
staying in Paternoster
Beeldskoon.
Willem V. - 16th February 2017
staying in Paternoster
Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens.
Gerhard L. - 10th February 2017
staying in Paternoster
Meer stalletjies, museum met geskiednis van Paternoster.
Jenny O. - 9th February 2017
staying in Paternoster
Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar.
Marlise V. - 9th February 2017
staying in Paternoster
Een van ons gunsteling Weskusdorpies.
Linda V. - 8th February 2017
staying in Paternoster
Paternoster is 'n plek wat jy ten minste een maal in jou lewe moet besoek. Maak so voor dit te veel ontwikkel. Die dorpie is pragtig en die strande skoon. Jy kan gemaklik op die strand stap. Nooit onveilig gevoel nie. Daar is heelwat restaurante van goeie gehalte en jy hoef glad nie kos te maak nie.
Anelle B. - 6th February 2017
staying in Paternoster
Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry.
Hermine A. - 4th February 2017
staying in Paternoster
Lovely quaint village. Perfect for a few days to relax.
Carol B. - 2nd February 2017
staying in Paternoster
Heerlike restaurante.
Anneke S. - 2nd February 2017
staying in Paternoster
Lief Paternoster, nuwe blikkies uitstekend en Gaaitje se kos is heerlik!
Marinda B. - 31st January 2017
staying in Paternoster
'n Moet-sien dorpie!
Johannes P. - 31st January 2017
staying in Paternoster
Paternoster het daardie tipiese Weskus karakter wat jou gemoed kalmeer met sy rustigheid en verras met sy versteekte skatte. Neem gerus 'n oggend wandeling deur die dorpie en geniet die vars lug, sonskyn en klassieke boustyl van die huisies. Gaan stap laat middag langs die see en verken die strandgebied. Staan stil en neem die sonsondergang in voordat julle een van die seekosrestaurante besoek en ware Weskus-hartlikheid ervaar. Beslis 'n bestemming om minstens een keer te besoek - Julle sal graag weer wil terugkeer vir meer!
Adel V. - 30th January 2017
staying in Paternoster
Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse.
Lauren M. - 26th January 2017
staying in Paternoster
Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous.
Johann G. - 26th January 2017
staying in Paternoster
We loved Paternoster and will definitely visit again.
Lorraine E. - 23rd January 2017
staying in Paternoster
Paternoster is 'n goeie toeristebestemming; baie besoekers; moeilik of onmoontlik om plek te kry om te eet by restaurante, want almal is meestal volbespreek... Seker maar as gevolg van die seisoen, maar ek het nie klagtes nie. Paternoster is vir my baie lekker en sentraal. Ons ry baie rond. Ek dink nie dis die ideale plek vir 'n swemvakansie nie.
Charlene D. - 23rd January 2017
staying in Paternoster
Ons het die plaaslike mense baie vriendelik gevind, maar het koue en soms onbeskofte diens by toeriste-aantreklikhede ervaar. Oep ve Koep sien ons byvoorbeeld nie weer nie, en nie net omdat hul pryse astronomies beledigend is nie.
Anita A. - 18th January 2017
staying in Paternoster
Een van die beste plekke ooit.
Nico H. - 17th January 2017
staying in Paternoster
Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com